Download mp3 music clips here!

 

 

 

Toe ek die eerste keer hierdie CD hoor, was ek baie jaloers. Ek was sommer lus en sing self op hierdie liedjies.

Matthew van der Want en Gary Herselman het inderdaad 'n nuwe perspektief op my eie komposisies gebring. Daar is soveel nuwe perspektiewe, en soveel talentvolle ouens het saamgewerk aan die arrangements en produksies. Ek dink dis die ideale dans-plaat vir die nuwe geslag.

Wat ook vir my spesiaal was, was die feit dat die projek uitgedink is deur mense met wie ek van die heel begin af nou betrokke was in die musiek-industrie. Gary was saam met my op die Voelvry Toer - hy het toe bekend gestaan as Piet Pers. Ek ken Matthew al baie lank, so ook Paul Riekert, Liela Groenewald en Frank en baie van die ander.

Ek scheme hierdie is 'n CD wat lank onthou sal word en dis 'n collectors item wat ek trots sal wees om in my huis te he.

Koos.

 

Verskeie kunstenaars sing die songs van Koos Kombuis.


Iewers op 'n stofpad in die Noordelike Provinsie het 'n idee geslaag om hom in my kop in te smokkel. Ek relay dit toe sommer dadelik aan die bestuurder van die kar, een Matthew van der Want. Hy het ook geskeem dat dit 'n befokte plan is en die ding groei van daaraf toe……..


Ek was op die Voelvry toer saam met die man wat daai tyd as Andre Le Toit bekend was. Ek het dan as "Piet Pers" saam met die Gereformeerde Blues Band opgetree, en was van mening dat Andre 'n kak deal gekry het wat die toer betref, in sover as dat hy altyd die show moes oopmaak, en dan op sy ace ook. Ek besef nou dat dit nie anders kon gewees het nie. Niemand anders kon dit gedoen het, vir een. Op die toer, in die Kombi op pad na die volgende venue toe, is ek weer en weer in my moer in veras hoe die songs uit Andre se pen bly spoel het…. Next show het hy nog drie vokken songs by, hy vra net iets soos: "Wat is daai chords vir "The Peacemaker" nou weer?" Nie net satiriese songs nie, ook nie net 'n klomp slogans of kak aanjagers nie, maar 'n moerse spul talent, 'n ware "wordsmith" se werk. Van Matthew se eerste songs wat hy leer speel het, is ook Andre s'n.


Intussen tyd het Andre Le Toit tot in Koos Kombuis gemorph. Ek het baskitaar onder die naam "Bokkie Buys" op sy "Niemandsland" lp gespeel en vir 'n ruk in sy backing band: "Die Kakkerlakke" gespeel……


Die eerste oproep wat Matthew en ek toe moes maak, was om Koos se blessing vir die projek te kry. Ons was van plan om 'n versameling "Hip-Hop" weergawes van Koos se songs by te sit. Ons glo nogsteeds dat hy ons nie serious gevat het, maar het anyway sy blessing gegee, pleased that at least we fucken asked him. Ons pak toe die projek aan en vind omtrent onmiddelik uit dat die songs self vir ons begin wys in watter rigting hulle wil voorentoe….. Daar is miskien nog 'n "Hip-Hop" element iewers daarin gebere, maar dit maak nie eintlik meer saak nie. Daar is anyway 'n moerse klomp musiek style te hoor op die CD….


Somewhere in between all of this kom nog 'n idee van die ander kant af dat ons maar moet probeer om verskeie "popsterre" te kry om die songs te sing. Dit vanself is 'n hele ander storie, miskien genoeg om net te se dat ons nie almal kon kry wat ons wou. Verskeie redes kan genoem word maar vok dit ook. We managed, anyhow, to get the following warm spirits to contribute: Frank Opperman, Q-Zoo, Paul Riekert van Battery 9, Michael Simpson van Instant Lawn, Katinka van Biljon, Not My Dog, Gary Kerel (dis ek), Matthew van der Want (natuurlik), 'n combined effort deur "Streak en Tweak" (Matthew van der Want en Gary Herselman), Liela Groenewald (wat gereeld saam Koos optree), Tonia Selley van die Pressure Cookies - en Barbora Tellinger (Housewife Barbora). Die songs kom van verskeie albums af behalwe "Diep Huis Kombuis", wat deur Streak en Tweak saamgesit is (met samples van Koos se stem ingemeng) - asook "Imagine ek en jy", wat Paul Riekert op Koos se home tape/bootleg "Sweet Paradise" uitgesoek het, en "Jive Baby Jive", wat ek op een van Koos se demo's gehoor het en Koos toe vra om nuwe lirieke daarvoor te skryf….


Matthew het die hele recording ge-ingeneur en gesweet, ons twee het omtrent al die instrumente gespeel, terwyl ek saam met hom op die tracks as co-producer ingesit het. Die enigste track waarby ons nie betrokke was, is die Not My Dog contribution…… Ons het besluit om dit toe te laat net oordat hulle is wie hulle is….. Koos was eers bietjie gepla dat ons 'n "tribute" album wou maak, van mening dat so 'n lp gewoonlik eers na iemand se dood vrygestel word……… Wel, die tenoorgestelde vind nou vir 'n change plaas. Die songs het nog 'n kakspul lewe in hulle. Anyway, dood is te laat, of nie?!


Nadat die eerste groot plate-maatskappy hul lys verskonings wou begin uitrol oor hoekom hulle nie die projek wou release nie, het Matthew en ek weer begin kyk na daai kak, lang, droe pad wat ons albei al genoeg getrap het. Ons besluit toe om dit liewers vir Benjy Mudie van Fresh musiek te speel…. Hy het vir 'n tyd "saam met die disk gelewe" en ons terug gebel om te laat weet dat hy plek sien vir die titel in sy kataloog……. BEFOK!


So: Wat is die ding?

Dit is 'n huldeblyk - daarvan is ons nog seker. Dit is ook 'n versameling van nuwe, "elektroniese", weergawes van Kombuis songs wat oorspronklik meer organies opgeneem is. (Soort van 'n "plugged" album dan). Verder maak dit seker nie te veel saak nie. Miskien 'n nice manier om dankie te se… 'n klomp tit gevoelens…. 'n manier waarin ons respek vir een van ons mees amazing songwriters kon toon….


Baie drankies, alles van asbestos…


Thanks Koos!